Vrydag 14 Julie vanaf 19:00



Hoe kan ons 'n ander wêreld verwesenlik?”
 


Fanie de Beer

 





Fanie de Beer is ‘n Professor Emeritus by die Departement van Inligtingkunde van Unisa en is tans verbonde aan die Departement Inligting van die Universiteit van Pretoria as navorsingsvennoot.

Hy het grade behaal in landbou en filosofie tot op dokorale vlak aan die Universiteit van Pretoria, asook ‘n post-doktorale kwalifikasie in filosofie aan die Universiteit van Parys X Nanterre, Frankryk. Hy het onderrig gegee in filosofie, kommunikasiekunde en inligtingkunde by verskeie universiteite; het navorsing op al hierdie gebiede ondeneem en was betrokke by konsultasiewerk op die gebiede van kennisskepping, invensie, disseminasie en toepassing. Hy het wyd op al hierdie gebiede gepupliseer. Sy tyd word tans gewy aan navorsing op die volgende gebiede: filosofieë en teorieë van inligting (veral teorieë oor infomatisering en plasisiteit), leesteorie en geletterdheid, die herinvensie van menslike spiritualiteit en noologie, en die verhouding tussen etiek, kennis en wetenskap.
 

Hierdie gesprek vind plaas teen die agtergrond van 'n begeerte om midde-in 'n betreklik siek samelewing te pleit vir 'n gesonde of beter same-lewing, om midde-in die beangstigende ervaring van gemeenskapsafwesigheid wel te argumenteer vir 'n alternatief wat saam-wees en saam-leef wesenlik moontlik maak.
Fanie verlei die denker tot die moontlikheid van die herbetowering van 'n onttowerde wêreld.

Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse. 
Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer. 


Vrydag 14 Julie 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.


Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.

Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:

 a) Suid: Vanaf  Pretoria Stasie of vanuit  Pretorius-straat:  in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlemenstraat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).
 b)Wes: Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).
 

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #verwesenlik