Vrydag 10 Febuarie

Dekolonialiteit onder die loep

Die doel van die dekolonialiteit is om blywende kolonialiteite van mag te konfronteer en te pak.




Alida Kok is 'n politieke wetenskaplike, rubriekskrywer vir Beeld en Netwerk24, en ‘n inwoner van “Snor City” (ook bekend as Pretoria of Tshwane). Sy het al gewerk as lektor, navorser, ontleder, kommunikasiespesialis, asook projek- en programbestuurder in die akademie, die pivaatsektor, en nie-regerings organisasies en die regeringsektor. Alida het in 2014 by UNISA se Departement Politieke Wetenskappe aangesluit as 'n dosent om ‘n loopbaan as 'n akademikus te volg en 'n bydrae te lewer as navorser en ontleder van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die navorsing vir haar politieke teorie meestersgraad fokus op die morele in Hannah Arendt se werk en persoonlike verantwoording en oordeel. Sy is lief vir filosofie, musiek en mode.

Vrydag 10 Februarie 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Toegang is tans vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer dan voor die ou Capitol Teater. Alternatiewelik kan u regs draai in Bosmanstraat en die eerste straat regs in Kerkstraat (nou WF Nkomo straat) om voor Café Riche te parkear.


Kolonialiteite van mag kan oral gevind word -om net ‘n paar te noem :die oneweredige verspreiding van welvaart en geleenthede, die behandeling van vroue, die individu se liefde slewe, interaksies tussen  xenofobie, Loftus, die instandhouding van Afrikaans as onderrigtaal, die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal, skoolreëls wat handel oor leerlinge se haarstyle, asook kurrikulums op universiteit en skool.
Dekolonialiteit wil aspekte soos dié van die menslike bestaan herbedink.Die fokus is om te dink oor wat ons as vanselfsprekend aanvaar, want dit wat ons as 'n gegewe aanvaar,lei dikwels daartoe dat mense onmenslik behandel word.

So, as die fokus daarop is om te dink – om kritieste dink – is die uiteindelike doel van hierdie denkskool uitstekend! ’n Mens kan dan selfs die stelling maak dat ­Martin Heidegger ’n dekoloniale denker is! Volgens Heidegger is om te dink moreel.

Wat gebeur dan as dogma (in die vorm van `n verwronge dekolonialiteit) en wantroue in publieke instellings (soos in die Suid-Afrikaanse geval) terselfdertyd in 'n samelewing teenwoordig is?

Gegewe Alida Kok se biografie bo, beloof die onderwerp om 'n weldeurdagte, prikkelende aanbieding te wees wat sekerlik tot lewendige bydraes aanleiding sal gee.


 Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #dekolonialiteit

DAGBOEK ASB DIE DATUMS VIR ONS VOLGENDE BYEENKOMSTE

Die datum vir die gesprek in Maart sal nie oudergewoonte op die tweede Vrydag van die maand plaasvind nie, omdat die datum bots met die Woordfees.

Dit sal nou plaasvind op Vrydag 24 Maart.