Vrydagaand 10 November 2017 vanaf 19:00

Wit Afrikaanse vroue in postapartheid SA :
Christi van der Westhuizen


Tydens die opening van Suid-Afrika se eerste demokratiese parlement in 1994 het die nuut verkose president Nelson Mandela 'n beroep gemaak op 'n onwaarskynlike groep: wit Afrikaanse vroue wat tydens die apartheidsera gelyktydig “onderdrukker” en ”onderdrukte” was. Hy het die gedagte van die digter Ingrid Jonker as 'n Afrikaner en 'n Afrikaan in herinnering gebring van “ons strewe (wat) oor die bevryding van die vrou, die emansipasie van die man en die vryheid van die kind (moet) wees”.

Meer as twee dekades later is die vraag: Hoe het wit Afrikaanse vroue gereageer op die bevrydende moontlikhede van grondwetlike demokrasie? Met Afrikaner-nasionalisme in verval, en met amptelike apartheid wat vervaag het, het hierdie vroue hulself weer herontdek in opposisie teen die koloniale idees van ras, geslag, seksualiteit en klas?

Christi se nuwe boek wat einde Oktober verskyn: "Sitting Pretty: White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa "
sal die basis van die gesprek wees.

Se het haar loopbaan as joernalis by die anti-apartheidkoerant Vrye Weekblad begin. Sy tree gereeld as kommentator op in plaaslike en internasionale media en was lank politieke rubriekskrywer vir die Independent Newspapers, Beeld en By, en is deesdae rubriekskrywer vir Netwerk24. Sy is ‘n genoot van die Democracy Works-stigting en was voorheen as navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van Kaapstad se Institute for Humanities in Africa (HUMA) en die Vrystaatse Universiteit se Institute for Social Justice and Reconciliation.
Christi is ‘n skrywer, politieke ontleder en mede-professor in Sosiologie aan die Universiteit van Pretoria.

R110 pp sluit aandete in.
rsvp: Leon by 0123231332 of gasheer@caferiche.co.za

8 September 2017

KLEINBOER
  in gesprek met Lydia von Wielligh-Steyn

Met Hierdie Huis het Kleinboer, anders as met sy vorige boeke, ’n veel meer universele boodskap om oor te dra, ’n boodskap wat meer vervat as bloot die verbrokkeling van een man se huwelik of die rampspoedige ervarings van 'n spesifieke huisgesin. Hierdie boek is, in kort, ’n woordskildery van die nuwe Suid-Afrika soos dit vandag daar uitsien - ’n spieëlbeeld van die huidige samelewing.
Fanie de Villiers is in 2004 die eerste ontvanger van die Jan Rabie-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa met Kontrei. Hierdie boek was in dieselfde jaar ook op die kortlys vir die toekenning van die RAU Mardene Marais-debuutprys. Vir 2004 se Aardklop-kunstefees is die boek ook saam met die sanger Albert de Vos vir die verhoog verwerk in ’n produksie onder die titel Diep kontreie, waarin hy self optree. Kontrei is ook deur Jaco Fouché in Engels vertaal onder die titel Midnight Missionary. 

Vrydag 8 September 2017 vanaf 19:00


R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.




Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za


Iedereen Welkom!


Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.
Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:
a)    Suid: Vanaf Pretoria Stasie of vanuit Pretorius-straat: in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlement-straat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).

b)Wes(minder wenslik): Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #kleinboer



Vrydag 11 Augustus

Hoe kan ons die los drade oor grond, aard?
 


Theo de Jager

 





Theo de Jager is ‘n hout- en vrugteboer in die Noordelike Drakensberg in die Tzaneen-omgewing. Hy is President van die Wêreld Landbou-organisasie en van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies. As president van die Pan African Farmers Organization het hy van 2013 tot 2017 op die Afrika-Unie se Land Policy Initiative in Addis Ababa gedien. Hy was vir ‘n dekade lank voorsitter van Agri-SA se beleidskomitee oor grondsake. Hy het in 1988 ‘n doktorsgraad in Afrika-filosofie aan die Universiteit van Pretoria voltooi, en 3 Afrikaanse digbundels gepubliseer.

Grond is 'n bate, rykdom. Dit is waaruit ons gemaak is en wat ons weer eendag word. Dit is ook die sekuriteit vir lenings, die basis van kollateraal. Grond is ‘n chemiese samestelling. Dit is vol lewe. Baie lewe daaruit en daarin, daarop en daaronder, daaroor en daar oor. Grond begrond identiteit, dit is ‘n getuienis van waar ons vandaan kom. Dit is ‘n plaas, ‘n hoewe, ‘n erf, ‘n erfenis. Grond is ‘n plek, ‘n kontrei, ‘n area, ‘n streek, ‘n land, ‘n kontinent. Dit is ook ‘n tuiste; dit is huis. Dit is rou, rou emosie. Dit is waaroor die bevrydingstryd gegaan het. Grond is waarvoor pioniers, vlugtelinge, Voortrekkers en immigrante trek. Dit is die grootste oorsaak van oorloë. Grond anker die produksie van kos, vesel en energiebronne. Grondkonflik het in minder as ‘n dekade Zimbabwe van die wêreld se spens tot die wêreld se asgat afgegradeer.
Kom ons gesels oor grond in Afrika.


Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse. 
Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer. 


Vrydag 11 Augustus 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.


Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.
Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:
a)    Suid: Vanaf Pretoria Stasie of vanuit Pretorius-straat: in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlement-straat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).

b)Wes(minder wenslik): Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #grondaard



Vrydag 14 Julie vanaf 19:00



Hoe kan ons 'n ander wêreld verwesenlik?”
 


Fanie de Beer

 





Fanie de Beer is ‘n Professor Emeritus by die Departement van Inligtingkunde van Unisa en is tans verbonde aan die Departement Inligting van die Universiteit van Pretoria as navorsingsvennoot.

Hy het grade behaal in landbou en filosofie tot op dokorale vlak aan die Universiteit van Pretoria, asook ‘n post-doktorale kwalifikasie in filosofie aan die Universiteit van Parys X Nanterre, Frankryk. Hy het onderrig gegee in filosofie, kommunikasiekunde en inligtingkunde by verskeie universiteite; het navorsing op al hierdie gebiede ondeneem en was betrokke by konsultasiewerk op die gebiede van kennisskepping, invensie, disseminasie en toepassing. Hy het wyd op al hierdie gebiede gepupliseer. Sy tyd word tans gewy aan navorsing op die volgende gebiede: filosofieë en teorieë van inligting (veral teorieë oor infomatisering en plasisiteit), leesteorie en geletterdheid, die herinvensie van menslike spiritualiteit en noologie, en die verhouding tussen etiek, kennis en wetenskap.
 

Hierdie gesprek vind plaas teen die agtergrond van 'n begeerte om midde-in 'n betreklik siek samelewing te pleit vir 'n gesonde of beter same-lewing, om midde-in die beangstigende ervaring van gemeenskapsafwesigheid wel te argumenteer vir 'n alternatief wat saam-wees en saam-leef wesenlik moontlik maak.
Fanie verlei die denker tot die moontlikheid van die herbetowering van 'n onttowerde wêreld.

Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse. 
Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer. 


Vrydag 14 Julie 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.


Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.

Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:

 a) Suid: Vanaf  Pretoria Stasie of vanuit  Pretorius-straat:  in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlemenstraat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).
 b)Wes: Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).
 

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #verwesenlik



Vrydag 9 Junie vanaf 18:30



“Waarom die Woede in Kontemporêre Politiek?”
 


Jo-Ansie van Wyk

 



Jo-Ansie van Wyk is ‘n Pofessor in die Departement van Politieke Wetenskap by die Universiteit van Suid Afrika. Haar huidige navorsing behels die bestudering van die politieke rol en invloed van Eerste Vroue (First Ladies) in Afrika as 'n instansie van politieke leierskap, Suid-Afrika se kerndiplomasie teen die agtergrond van die regering se kernenergie-ambisie, onderhandelinge rondom die verbod op kernwapens, en emosies in die internasionale politiek. 
Haar belangstellings sluit astronomie, fotografie, bonsai-kuns en reis in.  Sy versamel Koptiese kruise, Afrika-kopstukke (head rests) en Europese swaarde.
 

 Emosies blyk een van die ruilmiddels van politiek te wees. Politici en verkiesingskandidate gebruik dikwels emosies soos vrees, woede, trots en hartseer om steun te behou en stemme te werf. Emosies dien dus 'n bepaalde sosiale en politieke funksie en verdien hernieude aandag in die Sosiale Wetenskappe. Hoewel woede in die openbare sfeer nie nuut is nie, blyk hedendaagse woede uniek te wees. Dit wil voorkom asof ons 'n nuwe era van 'n nuwe tipe woede beleef. Tegnologie en sosiale media, by voorbeeld, versnel die pas waarteen woede versprei en ontlok word. Die gesprek het dus ten doel om hierdie nuwe era van nuwe woede te verken, en die sosio-politieke hoog- en laagwatermerke daarvan te peil.

Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse. Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer.

Vrydag 9 Junie 2017 vanaf 18:30

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.


Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van die Plein is sekere strate gesluit.

Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:

 a) Suid:Vanuit Pretoriusstraat:  draai regs in Paul Kruger-straat om voor Café Riche te parkeer (Die ingang is nou oop om die Ayreng busse te akkommodeer, alternatiewelik kan u regs in Parlement-straat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).

 b)Wes: Vanuit W.F.Nkomo-straat, oor Bosman en parkeer voor die Poskantoorgebou.

c)Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Dui asb aan by die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).

* DAGBOEK ASB DIE DATUM  VIR ONS VOLGENDE GESPREK: 14 Julie 2017

 



Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #woedepolitiek

Terugberig


Die spreker het begin deur ‘n uiteensetting te gee van die wyse waarop die verskillende vorms van woede, met gepaardgaande emosie, binne die gemeenskap tot uiting kom. Sy het van die staanspoor af ‘n duidelike onderskeid gemaak tussen die sielkundige benadering to tot woede en die uiting van woede binne die gemeenskap as ‘n geheel. Hoewel sy die klem hoofsaaklik op laasgenoemde laat val het, het die gehoor hierdie twee vorms van woede in die daaropvolgende debat met hartelus vermeng!
Dit is uiteraard onmoontlik om hier reg te laat geskied aan die wye veld wat sy in haar aanbieding gedek het. Wat my veral opgeval het, was die positiewe reaksie wat sy by haar gehoor ontlok. Die politieke frustrasie  en woede by mense binne die hedendaagse Suid-Afrikaanse situasie  het  besonder sterk navore gekom. Veral die wyse waarop sekere instansies en groepe binne ons gemeenskap woede met opset aanwakker en blatant vir politieke doeleindes gebruik, is sterk beklemtoon.  Hierdie aspek het heelwat bespreking uitgelok, veral met verwysing na die rol van die media in die manipulasie van woede binne die gemeenskap . Daar was ook heelwat spekulasie oor waar al hierdie woede oorspronklik vandaan kon kom, soos wroeging oor kolonialisme  en die nalatenskap van apartheid.
Laastens is dit belangrik om daarop te wys dat die gesprek deurgaans  in ‘n baie goei gees plaasgevind het.  Dit was beslis grootliks te danke aan die spreker se aangename en interaktiewe deelname aan die gesprekvoering.  Met die afsluiting  het dit beslis gelyk asof almal dit terdeë gdeniet het.

Piet Bredell
Medereerder




Vrydag 12 Mei vanaf 18:30


“From grief to poetry” - Soireé | Gesprek | Chansons



Anne Bernard Kearney + Philomène&





Anne Bernard Kearney was born in France from a French father and an Irish mother. She studied architecture at Les Beaux-Arts, Paris. She lived in Dublin from 1980 to 1999 and then moved to Boston, Massachusetts, where she has lived since. She teaches French part-time at Boston College (Department of Romance Languages.
 

*Die gasspreker is van Boston, VSA, afkomstig en die gesprek word gevolglik in Engels gevoer.
 
 

 
Willemien Rust (née Heyns) is a South African singer-songwriter, with a French alter ego “Philomène”. In 2013, alongside her master studies in French at the University of Pretoria, she launched two solo music projects with a strong focus on collaboration. She composes alternative Afrikaans music in her mother tongue and performs French and francophone covers in creative meetings with other musicians. On 12 May she will be performing with James Robb (percussionist), Pieter Bezuidenhout (accordion player) and Mukuba Jo (bassist).

 

 
 

 
 
Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse. Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer.



Vrydag 12 Mei 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.


Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Parkering: Vanweë die opgradering van die Plein is sekere strate gesluit. Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl: a) Suid:Vanuit Pretoriusstraat: in Parlementstraat om voor die ou Capitol Teater te parkeer. b)Wes: Vanuit W.F.Nkomostraat, oor Bosman en parkeer voor die Poskantoorgebou. c)Noord: Vanuit Paul Krugerstraat, kruis Madibastraat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Dui asb aan by die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste op die aand.) Parking: Due to the upgrading of the square, certain streets were closed. Access is currently possible from three directions, namely: A) South: From Pretorius Street: Turn right in Parliament Street to park in front of the old Capitol Theater. B) West: From W.F.Nkomostraat (Church) Street, across Bosman and park in Front of the Post Office building. C) North: From Paul Kruger Street, cross Madiba Street (Vermeulen), turn left Church and go around the Square and park right in front of Café Riche. Please inform the guards at the yellow barriers that you are on the way to Café Riche and they will let you through (Church Square is also closed but we arranged for access for our guests at night.

* DAGBOEK ASB DIE DATUM  VIR ONS VOLGENDE GESPREK: 9 JUNIE 2017 

 



Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #grieftopoetry



Vrydag 24 Maart

*KENNISGEWING* 
Filosofiekafee vind in Maart op die laaste, en nie die eerste, Vrydag van die maand plaas nie om nie met die US Woordfees te bots nie.

Kwantumfisika - wonders sonder ophou

Die radikale uiteenlopende kenmerke van kwantumfisika maak dit een van die mees tergende onderwerpe.


Dr. Jean Joubert is 'n Prinsipale Spesialis op die gebied van ontwerpveiligheid in die Standaarde, Magtigings en Assesserings Department van die Nasionale Kernreguleerder. Sy werk dek o.a. veiligheidsasseserings van kerninstallasies van Eskom en die Kernenergie korporasie van Suid-Afrika.  Sy hoogste kwalifikasie is 'n Ph.D. graad in Teoretiese Hoë-Energie Fisika van die Universiteit Kaapstad. Sy belangstellings sluit in klassieke musiek, ongerepte natuur, lees van meesal nie-fiksie en motorfietsry.

Bernard d’Espagnat sê in sy boek “On physics and philosophy”: 

“… nowadays, any tentative philosophical approach to a world-view should take information coming from contemporary physics into account quite seriously. … the information science yields serves to limit possible options, rather than put forward the allegedly correct one. … while Nature – in the broadest possible sense – refuses to explicitly tell us what she is, she sometimes condescends, when we press her tenaciously enough, to let us know a little about what she is not.”
Laasgenoemde aanhaling klink oorversigtig sover dit die beduidendheid van fisika ontdekkings betref, veral die van die kwantumfisika. Want kwantumfisika is die mees suksesvolle teorie wat die mensdom nog ooit ontwikkel het. Maar ten spyte van sy ongeëwenaarde akkuraatheid en sukses is die interpretasie daarvan baie teen-intuïtief, selfs onverstaanbaar. Hierdie radikale uiteenlopende kenmerke van kwantumfisika maak dit een van die mees tergende onderwerpe.

Vrydag 24 Maart 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Toegang is tans vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer dan voor die ou Capitol Teater. Alternatiewelik kan u regs draai in Bosmanstraat en die eerste straat regs in Kerkstraat (nou WF Nkomo straat) om voor Café Riche te parkear.



Daar bestaan vele uitsprake van die vaders van kwantumfisika wat die asemrowendheid van die onderwerp besing. Hier volg net enkele weereens uiteenlopende voorbeelde:

Max Born: "I have tried to read philosophers of all ages and have found many illuminating ideas but no steady progress toward deeper knowledge and understanding. Science, however, gives me the feeling of steady progress: I am convinced that theoretical physics is actual philosophy. It has revolutionized fundamental concepts, e.g., about space and time (relativity), about causality (quantum theory), and about substance and matter (atomistics), and it has taught us new methods of thinking (complementarity) which are applicable far beyond physics."


Max Born: "We have sought for firm ground and found none. The deeper we penetrate, the more restless becomes the universe; all is rushing about and vibrating in a wild dance."

Wolfgang Pauli: "The best that most of us can hope to achieve in physics is simply to misunderstand at a deeper level."


Ten spyte van bogenoemde soms wanhopige uitsprake, bly kwantumfisika die kroon van die mensdom se ontdekkings wat die mensdom se vistas ver uitgebrei en opwindend omgedolwe het. Ek sal poog om die inhoud van kwantumfisika op 'n toeganklike manier aan te bied en onderskeid te tref tussen die feitelike en die bespiegelende daar rondom.

Uiteindelik kom mens by die gestruktureerde letterlike niksheid uit by die basis van fisika en daarom ook by die basis van die werklikheid soos ons dit ken. Dit blyk dat, namate die fisika horisonne verskuif, raak die volgende lae misterie wat blootgelê word net meer asemrowend en wiskundig, selfs suiwer wiskundig.

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #kwantumfisika

Vrydag 10 Febuarie

Dekolonialiteit onder die loep

Die doel van die dekolonialiteit is om blywende kolonialiteite van mag te konfronteer en te pak.




Alida Kok is 'n politieke wetenskaplike, rubriekskrywer vir Beeld en Netwerk24, en ‘n inwoner van “Snor City” (ook bekend as Pretoria of Tshwane). Sy het al gewerk as lektor, navorser, ontleder, kommunikasiespesialis, asook projek- en programbestuurder in die akademie, die pivaatsektor, en nie-regerings organisasies en die regeringsektor. Alida het in 2014 by UNISA se Departement Politieke Wetenskappe aangesluit as 'n dosent om ‘n loopbaan as 'n akademikus te volg en 'n bydrae te lewer as navorser en ontleder van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die navorsing vir haar politieke teorie meestersgraad fokus op die morele in Hannah Arendt se werk en persoonlike verantwoording en oordeel. Sy is lief vir filosofie, musiek en mode.

Vrydag 10 Februarie 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Toegang is tans vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer dan voor die ou Capitol Teater. Alternatiewelik kan u regs draai in Bosmanstraat en die eerste straat regs in Kerkstraat (nou WF Nkomo straat) om voor Café Riche te parkear.


Kolonialiteite van mag kan oral gevind word -om net ‘n paar te noem :die oneweredige verspreiding van welvaart en geleenthede, die behandeling van vroue, die individu se liefde slewe, interaksies tussen  xenofobie, Loftus, die instandhouding van Afrikaans as onderrigtaal, die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal, skoolreëls wat handel oor leerlinge se haarstyle, asook kurrikulums op universiteit en skool.
Dekolonialiteit wil aspekte soos dié van die menslike bestaan herbedink.Die fokus is om te dink oor wat ons as vanselfsprekend aanvaar, want dit wat ons as 'n gegewe aanvaar,lei dikwels daartoe dat mense onmenslik behandel word.

So, as die fokus daarop is om te dink – om kritieste dink – is die uiteindelike doel van hierdie denkskool uitstekend! ’n Mens kan dan selfs die stelling maak dat ­Martin Heidegger ’n dekoloniale denker is! Volgens Heidegger is om te dink moreel.

Wat gebeur dan as dogma (in die vorm van `n verwronge dekolonialiteit) en wantroue in publieke instellings (soos in die Suid-Afrikaanse geval) terselfdertyd in 'n samelewing teenwoordig is?

Gegewe Alida Kok se biografie bo, beloof die onderwerp om 'n weldeurdagte, prikkelende aanbieding te wees wat sekerlik tot lewendige bydraes aanleiding sal gee.


 Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #dekolonialiteit

DAGBOEK ASB DIE DATUMS VIR ONS VOLGENDE BYEENKOMSTE

Die datum vir die gesprek in Maart sal nie oudergewoonte op die tweede Vrydag van die maand plaasvind nie, omdat die datum bots met die Woordfees.

Dit sal nou plaasvind op Vrydag 24 Maart.

Vrydag 13 Januarie

Oor oordaad - in wat ons sê en wil hê, en waar ons emosies lê

Hoekom praat mense so in die oortreffende trap?
Hoekom glo mense hulle ideologieë so voluit? - of dit nou in 'n godderigheid is, of in 'n politiekery, of in 'n ekonomiese sisteem, of sommer in 'n sportspan.
Hoekom wil mense wat baie besit, meer hê, en hoekom wil sosialismes hê niemand moet te veel hê nie?
Hoekom probeer ons mense bangpraat in die politiek, of binne verhoudings, of in die kantoor, of met die hel, en dies meer?


Nie almal nie. Maar baie mense. Moet hulle goed so ekstreem sê, besit en voel om hulle eie stille twyfels te oordonder? Of om bo-oor die lawaai van die samelewing gehoor te word? Christo Lombaard vra dié vrae, en vra na antwoorde. Hier en daar geïllustreer met 'n chrisman baard-song.Kom dink saam, en soek antwoorde saam.


Vrydag 13 Januarie 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee  met die tema #Emosies

 

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Toegang tans verkieslik vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer op Kerkplein, reg voor die Café Riche. Die opgradering rondom Kerkplein is nog nie voltooi nie. Daar is professionele wagte buite.