Vrydag 11 November

Vriendskap Versoek: ‘Oor die soektog na geesgenote in die digitale era’


Hoe kan ons besin oor vriendskap in 'n samelewing wat hiperkommunikeer?

Het tegniese media 'n direkte uitwerking op hoe vriendskappe vorm, of bly vriendskap onveranderd, ongeag van die medium waardeur vriende met mekaar kommunikeer?

Is daar 'n wesenlike verskil in vriendskap wanneer dit van aangesig tot aangesig plaasvind, of wanneer dit van aangesig tot interface plaasvind?


Kommunikasie soos ons dit ken gaan met rasse skrede vooruit en met gereelde reelmaat word nuwe toepassings vir selfone en ander elektroniese kommunikasie middele geskep en kom op die mark. Dit het ‘n groot impak op mense se interaksie met bekendes en selfs instansies. Rudi van Rensburg, ‘n lektor en navorser  in filosofie en spesialis in die rol van tegnologie in die vorming van sosiale bande sal aspekte hiervan aanspreek wanneer hy die gespek inlei vir hierdie FilosofieKafee 

Vrydag 11 November vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za


Rudi van Rensburg
het met 'n kronkelpad tot die filosofie gekom. Nadat hy gegradueer het met 'n graad in bemarkingsbestuur, het hy na 'n kortstondige loopbaan as verkoopsman groener wyvelde gaan soek. Terwyl hy filosofie ontdek aan die Universiteit van Pretoria slyp hy snags sy tande op verhoë met die rockgroep, Havoc Vultures, en bring saam met die groep 'n album uit in 2012. Intussen begin hy deeltyds doseer by die Filosofie Departement van UP, studeer 'n jaar lank in Berlyn, en voltooi 'n MA in filosofie wat handel oor vriendskap en die rol van tegnologie in die vorming van sosiale bande. Hy werk tans as vryskut navorser en skrywer, terwyl hy verder studeer in die filosofie. 

Alhoewel die gesprek ingelei word in Afrikaans, kan vrae en bydraes daarna in Engels gedoen word. Dit is nie 'n lesing nie en word in 'n Bistro atmosfeer gehou. Gaste kan met ander woorde tussen deur eet en hulle kan reeds vanaf 18:00 smul aan 'n keuse van drie keurige disse. 

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee  met die tema #Vriendskapversoek


Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria


Toegang tans verkieslik vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer op Kerkplein, reg voor die Café Riche. Die opgradering rondom Kerkplein is nog nie voltooi nie. Daar is professionele wagte buite.