Vrydagaand 12 Augustus: Rusland en die Nuwe Wêreld - Fransi Phillips

"Ek wou die bespreking aanvanklik genoem het : Rusland en die Nuwe Wêreld Orde, maar ek het besluit dit sou te veel klink of ek Rusland aan die hand van die Nuwe Wêreld Orde probeer definieer: 'n Projek waarvoor Rusland te groot is. So, toe besluit ek om eerstens te kyk na die ou Rusland, tweedens na Rusland en die Nuwe Wêreld Orde, wat onder Putin se invloed vinnig besig is om in 'n Ou Wêreld Orde te verander, en derdens na Rusland en die Nuwe Wêreld."




Fransi Phillips het honneursgrade in Kunsgeskiedenis en Filosofie, het 'n tiental boeke gepubliseer, vir tien jaar lank as kulturele en politieke raadgewer in die Tsjeggiese Ambassade gewerk en vir vyf jaar lank die sg. Mafia in Moskou en die se telge Engels probeer leer. Huidiglik is sy op pad na die dorpie Askham in die Kalahari , waar sy met die hulp van die kunstenaar Betta Steyn en besigheidsvrou Hannetjie van der Westhuizen 'n designer chocolatier wil word, nadat sy tot die slotsom gekom het dat chocolates die enigste ding is wat die mensdom vir 'n paar oomblikke uit sy misery kan verlos. Sy hoop ook om volgende jaar twee boeke te publiseer: "Die Lemming Mense" by Praag en "Liefde in die tyd van die Internet" by wie ookal.
Iedereen Welkom!
R90 pp sluit aandete in!
rsvp: Leon 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za