Januarie 30: “Is die gedrukte media nog relevant in 2015? En hoe sien die toekoms daar uit?” - Lappe Laubscher

Lappe Laubscher is 'n bekende joernalis en antikwariaat van beroep. Hy is 'n boorling van Kaapstad, het in Stellenbosch studeer en woon tans in Pretoria. Hy skryf die afgelope tien jaar 'n weeklikse rubriek in Tshwane Beeld. Verder bestuur hy die Africana-afdeling by Protea Boekwinkel in Hatfield. Hy lees baie wyd en versamel ook seëls en modelkarretjies.
Sy filosofie kan soos volg opgesom word: "Moenie verbaas wees as jy verkeerd is nie. Om te kan dink is 'n avontuur!"

Kom vroeg en ontmoet nuwe gespreksgenote in die heerlike sfeer van die Café Riche se Merkurius -vertrek, wat uitkyk oor Kerkplein.

19:30
Cafe Riche
Kerkplein no 2, Pretoria.

rsvp: 012 328 3173 / hostess@kerkplein.co.za 
R90 pp sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00