Junie 27: “Hoe belangrik is die politieke en sosiale omstandighede vir die skepping van ‘n meesterstuk?” - Diek Grobler

Utopia versus Distopia in animasiefilms van Yuri Norstein

Yuri Norstein word beskou as een van die grootste animasiekunstenaars ter wêreld.  Hierdie reputasie berus aleenlik maar op ‘n handjievol films, en veral op die outobiografiese film  “a Tale of tales”.  Geskep in die sewentiger jare in Sovjet Rusland word die film beskou as die beste animasiefilm ooit.  Die poëtiese film  oorbrug kulturele grense met sy nostalgiese blik op die kunstenaar se jeug en die utopiese belewing van die kindertyd, ten spyte van die feit dat die verlede  vêr van idillies was.  Hoe universeel is so n utopiese belewing van die kindertyd?  hoe belangrik was die politieke en sosiale omstandighede vir die skep van hierdie meesterstuk?

 Diek Grobler is ‘n ervare en bekroonde kunstenaar wat in ‘n verskeidenheid media en dissiplines werk. In ‘n loopbaan van 23 jaar het Diek verskeie uitstallings in SA en in Europa gehou. Sy geanimeerde films is ingesluit in die amptelike seleksie van meer as 40 internasionale animasiefeeste, en hy het vier internasionale toekennings sowel as ‘n SAFTA-toekenning vir sy animasiewerk ontvang.

Iedereen Welkom !

 

Café Riche, Kerkplein 2, Pretoria.
27 Junie vanaf 19:30
R80 (sluit aandete in)
rsvp: caferiche@kerkplein.co.za / 012 328 3173
Parkeer op Kerkplein (Ingang tans via Parlementstraat weens opgradering konstruksies)
Karwag word gereël.