Vrydagaand: 25 April vanaf 19:30: "Het ons post-Christelike samelewing sy menslikheid verloor?" -Christina Landman

"Het ons post-Christelike samelewing sy menslikheid verloor?" -Christina Landman
-->
Hoe kon ‘n beskaafde volk soos die Romeine iets so verskrikliks soos ‘n kruisdood uitdink? So het die Romeinse geskiedskrywer Suetonius honderde jare gelede gevra.  En nie so lank gelede nie, is ook gevra:  Hoe kon ‘n hoogs gekultiveerde nasie soos die Duitsers ‘n Auschwitz hê?

En vandag kan ons wel ’n paar soortgelyke vrae vra oor ons nasie, nogals ‘n reënboognasie.  Dis deels bevry deur ‘n bevrydingsteologie wat vreesloos gestaan het vir gelykheid, die waarde van alle mense, en vir geregtigheid, aan die een kant, en vergifnis en versoening aan die ander.  Dis ’n nasie met ’n (sekulêre) grondwet wat menswaardigheid oor ras- en geslagsgrense heen so sterk beliggaam, dat dit feitlik ongeëwenaard in die wêreld is.  Hoe laat so ’n nasie die openbare teregstelling van Oscar Pistorius toe, en die dierlike aanhouding van gevangenes in sub-menslike omstandighede?  Hoe skree so ’n samelewing vir geregtigheid te midde van menseregte-oortredings onder die vaandel van „regsprosesse“ en „regmatige strawwe“? 

Kan dit toegeskryf word aan die hardheid van ’n post-Christelike samelewing?  Het die verlies aan kerke en die wegbeweeg van Christelike waardes soos vergewing en versoening – waarmee baie Christene self nie goed gedoen het nie – van die reënboognasie ’n harde en veroordelende samelewing gemaak, ’n pre-modernistiese gemeenskap waarin alles weer net oor reg en verkeerd gaan? Het regsgeleerdes die nuwe verlossers en bepalers van sedes geword?
--> Christina is professor in teologie aan die Instituut vir Teologie en Religie aan Unisa - dis haar 36ste jaar aan Unisa.  Sy het tans twee "populere" boeke gepubliseer, "Ons is waardevol"  en "Die Ritmes van ons Lyf”.  Akademies is sy besig met navorsing onder gemarginaliseerdes, veral dan om regeringsbeleid te beinvloed, en ook om Unisa op die platteland te kry waar daar in hele gemeenskappe geen rekenaars is nie. Christina is die dominee in die VGK Dullstroom (in die township Sakhelwe) waar hulle deur Dullcare NPC probeer om 'n "Community of Care Centre" op te rig.  Sy is tans ook die Aktuarius van die Noordelike Sinode
Iedereen is welkom om saam te dink!
Café Riche, Kerkplein.co.za.
19:30
rsvp: Zanté 012 328 3173 /hostess@caferiche.co.za
R80 (sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
Parkeer rondom Kerkplein - wagte gereël.
Gesprek kan ook hier gebeur vooraf én daarna.