"Hoe pas die begrip 'Lewenswysheid' in by Schopenhauer se filosofie?" -Kallie Snyman

-->

Die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer (1788-1860) het 'n groot en belangrike bydrae tot die Westerse denke gelewer. Hy het iets gedoen wat min filosowe gewoonlik doen: dit is om te skryf oor daardie ontwykende begrip "lewensgeluk". Baie van die ander onderwerpe, is onderwerpe wat tot die gewone mens spreek, soos die verskillende tydperke van ons lewe, hoe om gemoedsrus te kry, die ydelheid van die najaag van rykdom en sosiale aansien, die rol en betekenis van lyding in ons lewe, die karaktereienskappe van mense wat innerlik ryk is, die wese van skoonheid, wat ander mense van ons dink, eer, roem, die belangrikheid van selfstandige denke, die vertroosting wat die ouderdom ons bied, en die onvernietigbaarheid van ons ware wese deur die dood.

-->
Professor Kallie Snyman was vir dertig jaar professor in Straf- en Prosesreg aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is die skrywer van 'n bekende Afrikaanse handboek oor die Suid-Afrikaanse strafreg. As 'n Alexander von Humboldt-beurshouer het hy verskei jare in Duitsland navorsing gedoen. Hy het in 2005 afgetree. Hy het ook altyd 'n lewendige belangstelling in filosofie gehad. In 2013 het hy gedeeltes van Schopenhauer se geskrifte uit Duits in Afrikaans vertaal onder die titel "Essays oor Lewenswysheid".

R75 per persoon ( sluit aandete in)
Café Riche vanaf 19:30
rsvp: 012 328 3173
caferiche@kerkplein.co.za