FilosofieKafee: Augustus 30 vanaf 19:30

"Wat is die skakel tussen sintuiglike waarneming en die reg op Plek?" - Isolde de Villiers  


Neem asb deel aan hierdie gesprek.

Volgens Wilhelm Jordaan in Beeld gister, is daar ‘n bewese oordrag van sintuiglike oopheid na die waarneming van verskille, uniekheid en veranderinge in ingewikkelder toedragte. 

Kom vroeg genoeg, ontmoet nuwe gespreksgenote en geniet 'n glasie van Simonsig se wyne.
 rsvp: 012 328 3173  R70 pp (sluit aandete in)
Parkeer op Kerkplein.

Debat AF.


Die hewige debat wat nou in die openbare ruimte ontstaan het, het my genoop om te herbesin. Terwyl ek die belewenisse en standpunte begryp, poog ek terselfdertyd om begrip daarvoor te ontwikkel en te betoon.
Die voorreg om ‘n gasvrye ruimte aan te bied én oop te beur, waar nuwe idees verken kán word, kritiese vrae gestel sál word en moeilike kwessies onbevange aangepak mág word, is kosbaar. Die FilosofieKafee beywer haarself om so’n sfeer te skep.

Desondanks het ek besluit om hierdie debat af te stel.



'How should whites participate in the contemporary public sphere?' - Gillian Schutte and Louise Mabille

"Hoe behoort blankes deel te neem in die huidige openbare sfeer?" (Engels)-
Gillian Schutte en Louise Mabille 


 Die FilosofieKafee het al in die verlede ‘n debat gehad losweg geskoei op die Lincoln-Douglas-formaat soos in die Amerikaanse tradisie. Op daardie geleentheid was die onderwerp godsdiens, nou is dit  politiek! Afrikaners geniet mos lewendige gespreksvoering! Hierdie keer is die gesprekstaal egter Engels, ‘n uitsondering op die normale Afrikaanse medium,  ten einde een van die deelnemers te akkomodeer.

Die geleentheid poog om sin te maak van ‘n diskoers wat die
afgelope paar jaar sy kop uitgesteek het. Na Samatha Vice se oproep verlede jaar tot ‘n wit ‘skuldstilte’ as die vanpaste optrede vir blankes het ‘n heftige debat in die media ontstaan oor wat nou eintlik die rol van blankes in die Nuwe Suid-Afrika behoort te wees. Gillian Schutte het haar opinie in hierdie verband gegee deur ‘n ope brief aan alle blankes in die Mail and Guardian.


Laat weet asb vroegtydig, sodat ons voorbereiding doeltreffend kan wees. Ons hou nie plekke nie, dus kan u gerus vroeg kom; ontmoet nuwe gespreksgenote en geniet aandete.
R70 pp (sluit aandete in)
012 328 3173
caferiche@kerklein.co.za 
parkering op kerkplein.