Julie 26: "Die siel van ons polis: hoe koester ons ons stad?" -Stephan de Beer

-->
"Die siel van ons polis: hoe koester ons ons stad?" -Stephan de Beer
Die gesprek besin oor die "siel" van die "polis" in die enger sin van die woord, nl. die stad as geografiese plek, maar dan met implikasies vir ons openbare betrokkenheid in stedelike ruimtes.  Dit oorweeg die (verlore) siel van die stad, en verbeel die moontlikheid van 'n politiek van animasie, "van onder af", om maniere te vind om helend te werk aan die breuke / frakture in ons stadsgemeenskappe.   
Die politiek van animasie sluit aan by die idee van Aristoteles, psigoterapeut Thomas Moore, en ander, dat die stad reeds 'n anima het, 'n 'innerlike krag', wat die stad wil koester, wat die goeie wil, maar soms verwond is, of vergete; dat die tegnokrasie en burokrasie die siel van die stad stilmaak dmv die drie-eenheid  van "nabootsing, eenvormigheid en sanitasie". 'n Politiek van animasie wil op verbeeldingryke maniere, van onder af as't ware, die anima onderskei, en soos in die maak van animasie-rolprente die verskeidenheid van beelde en ingrepe en goeie stories verweef met mekaar tot dit n beweging van heling word. Nie net te esoteries nie, maar ook  prakties.
Stephan het na 20 jr in die middestad by die Tshwane Leadership Foundation nou ook aangesluit by die Sentrum vir Kontekstuele Bediening aan die Universiteit van Pretoria. Sy fokus is op voortgesette teologiese opleiding en opleiding vir gemeenskapsontwikkeling, die skep van 'n eenheid vir maatskaplike kohesie en versoening, en die daarstel van 'n sg Urban Innovation Hub. 

rsvp:  (geen plekbesprekings nie, slegs vir getalle vir sjef)
012 328 3173 /caferiche@kerkplein.co.za 
19:30 parkeer op Kerkplein.